Dit is misleidend en kan oproer onlok om xenofobie te verbind aan ‘n voorspraak vir die verbetering van immigrasiebeheer. Dit aldus ActionSA, wat meen dit is die land se armes wat die spit afbyt vir die onbeheerde toestroming van mense wat onwettig in Suid-Afrika woon.
Die party sê die integriteit van die land se immigrasiebeheer moet dringend in ere herstel word. Lerato Ngobeni van ActionSA sê die stelsel vir immigrasiebeheer is vol gate.