Die sanger Arno Jordaan moet nog net sy instapkaart kry, want verder is hy oorgehaal om die Suid-Afrikaanse Volkslied voor 80 000 mense op
Twickenham in Londen te sing.
Jordaan het ‘n kort rukkie gelede met Rosestad-nuus gesels oor die voorreg om sy geliefde land met sy sangtalent te kan verteenwoordig, wanneer die Bokke op die 25ste Augustus litte teen Nieu-Seeland gaan losmaak.
Daar is geen teken van senuwees wat knaag nie, en dit is ook geen wonder nie, want dit sal die 9de keer wees dat hy die Volkslied sing voor die afskop van ‘n Springbok-wedstryd.
Dit sal boonop die tweede keer wees wat hy op Twickenham sing.