Aryna Sabalenka van Belorusland het die Abu Dhabi Ope tennistoernooi gewen

 Aryna Sabalenka van Belorusland het die Abu Dhabi Ope tennistoernooi gewen

Die vierde gekeurde Aryna Sabalenka van Belorusland het die Abu Dhabi Ope tennistoernooi in die Verenigde Arabiese Emirate gewen.
Die 22-jarige Sabalenka het Rusland se Veronika Kudermetova met 6-2, 6-2 geklop.
Dit is haar derde agtereenvolgende titel en die 10de van haar loopbaan.
Sabalenka se beste vertoning by ‘n Grand Slam toernooi was haar verskyning in die vierde ronde by die
2018 Amerikaanse Ope in New York.
Sabalenka, wat 10de op die wêreldranglys is, speel aanstaande maand in die Australiese Ope in Melbourne.

LeandreAdmin@