As die datum, 10 Oktober, vanoggend by jou ‘n klokkie lui, is dit geen wonder nie.

Krugerdag, of later Heldedag, wat jaarliks op 10 Oktober gevier is, was ‘n amptelike openbare vakansiedag in Suid-Afrika van 1882 tot 1899 en weer van 1952 tot 1994.

Die dag is vernoem na oudpresident Paul Kruger en het sy verjaarsdag op 10 Oktober gevier.

In 1910, met Uniewording, is die dag steeds nie as ‘n openbare vakansiedag erken nie, maar nadat die Nasionale Party in Suid-Afrika aan bewind gekom het, is dié dag vanaf 1952 weer as ‘n openbare vakansiedag erken.

Met die ANC-regering wat in die 1994-verkiesing aan bewind gekom het, het ‘n nuwe stel vakansiedae die die lig gesien en word Krugerdag nie meer as ‘n openbare vakansiedag erken nie.

Paul Kruger is in 1825 gebore en is in 1904 in Switzerland oorlede.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×