As jy dalk ook weens die bloedige hitte, soos die spreekwoordelike vlieg wat met Doom gespuit is voel, is daar goeie nuus vir jou.

Die hittegolf, wat reeds meer as ‘n week lank mense in groot dele van die land laat sweet, maak vandeesweek plek vir reënbuie om lafenis te bring.

Die Noord-Kaap, Vrystaat en sekere gedeeltes van die Oos-Kaap het veral behoorlik onder die hittegolf gesteier.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gesê mense in die noordoostelike gedeelte van die Noord-Kaap, kan al van môre af uitsien na ‘n 30% kans op reën, met die moontlikheid van donderstorms in die middag.

Woensdag is dit met ‘n 60% kans op reën, die Vrystaat en die Oos-Kaap se beurt om af te koel.

Die weerdiens het gesê hy wag nog op ‘n langer termyn-vooruitskouing, maar dat reënvooruitsigte vir die komende twee weke in die somerreënvalgebied baie goed lyk.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×