As staatshoof van een van die lidlande, wil Suid-Afrika met die Brics-beraad in Augustus, ‘n galante gasheer vir Vladimir Putin wees.

Só sê Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking.

Die Suid-Afrikaanse regering gaan blykbaar wel eers regsadvies inwin oor die hantering van Putin se voorgenome besoek.

Die Internasionale Strafhof het vroeër ’n lasbrief vir die Russiese president se inhegtenisneming uitgereik, weens beweerde oorlogsmisdade in Oekraïne.

Netwerk24 berig Darren Bergman, DA-woordvoerder oor internasionale betrekkinge en samewerking, het gister ’n beroep op die Internasionale Strafhof gedoen om
alles in die stryd te werp om die internasionale reg te laat geld.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×