Die verhoor-binne-’n-verhoor in die R255 miljoen asbesdak-saak is tot Maandag 26 Mei 2025 uitgestel vir slotbetoë.

SABC News berig die staat en verdediging het twee getuies in die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein klaar gekruisondervra.

Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag is daar genoeg bewyse dat die hof bevoegd is om Moroadi Cholota, assistent van oud-premier Ace Magashule, te verhoor.

Cholota betwis haar uitlewering vanuit Amerika.

Die Nasionale Vervolgingsgesag sê speurders het geweet Cholota sou as ’n verdagte beskou word en het die Amerikaanse FBI doelbewus betrek.

Behalwe Cholota is Magashule die enigste ander beskuldigde in dié deel van die saak.

error: Inhoud is beskerm !!