Die tweede getuie in die verhoor-binne-’n-verhoor in die R255 miljoen asbeskorrupsiesaak moet na verwagting vandag in die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein getuig.
SABC News berig die verhoor hervat nadat regter Phillip Loubser dit verlede week uitgestel het sodat die vervolging ’n nuwe getuie kon aanbring.
Dié deel van die saak gaan oor die hof se jurisdiksie om Moroadi Cholota te verhoor.
Cholota, wat vroeër vir Ace Magashule gewerk het, beweer haar uitlewering uit Amerika was onwettig.
Die tweede getuie wat nou verwag word, is een van die twee speurders wat in 2021 met haar in die VSA vergader het.
Die hof sal moet besluit of die regte prosedures gevolg is toe sy na Suid-Afrika gebring is.