Terwyl Suid-Afrikaners asem vir vandag se rentekoers-aankondiging ophou, meen heelwat kenners dat die koers heel moontlik onveranderd sal bly.
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se monetêre-beleidskomitee oor rentekoerse, sal volgens sekere ekonome waarskynlik swaar op die nuwe inflasiesyfer, asook die
inflasievooruitskouing vir die res van jaar, steun vir sy vasstelling.
Daar word verwag dat inflasie oor die komende maande tot 5%, of selfs meer kan styg.
Dit maak vandag se besluit besonder moeilik.