Astronomiese bedrae wat aan veiligheidsmaatskappye in die Mangaung-metro bestee word, word deur opposisiepartye as deel van onreëlmatige en vermorste uitgawes bestempel.

Dit is een van die sake wat Maandag ten tyde van ‘n spesiale raadsvergadering in Bloemfonten aangeroer is.

DA-koukusleier, Johan Pretorius, het aan Rosestad 100.6 FM-nuus gesê dat die nodige verkrygingsprosesse in hierdie verband ook nie gevolg word nie.

Volgens hom kon 175-miljoen rand se onreëlmatige uitgawes in die 2021/2022-boekjaar en in die eerste kwartaal van die 2022/2023-boekjaar, vermy gewees het.

Hy het bygevoeg dat dit ontstellend is dat niemand nog hieroor tot verantwoording geroep is nie, en dat daar nog niks gedoen is om van hierdie geld te probeer verhaal nie.

Die DA het ‘n spesmaas dat baie van die verkwiste geld deur laat betalings veroorsaak is, wat volgens hom op die onbekwaamheid van metro-amptenare dui.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×