ATLETIEK: Joernaliste en fotograwe wat die Comrades-wedloop die afgelope 40 jaar op vragmotors en motorfietse gevolg het sal nou hul berigte op grond van SuperSport  se uitsending moet skryf.

Die nuwe wedloop direkteur Ann Ashworth het gesê diè versoek het vanaf hul tegniese beamptes sowel as die bestuurders van die topspanne en verteenwoordigers van die betaalkanaal af gekom.

Hierdiè nuwe reëling was ook van toepassing by die Twee Oseane wedloop en word ook reeds by groot internasionale marathons toegepas. Ashworth het bygevoeg dat die getal voertuie op die pad beperk word en dat daar meer van hibriede en elektriese voertuie gebruik gemaak word om omgewingsvriendeliker te wees sowel as om die veiligheid van die hardlopers te verseker.

*Vanjaar se op-wedloop is die 97ste uitgawe van diè elite marathon en spring op 9 Junie voor Durban se stadsaal weg.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×