ATLETIEK – Christopher Swart gaan ook als in die stryd werp om sy Dagbreek-manskoshuis straatmyl-titel later vanaand suksesvol in Stellenbosch te verdedig.

Swart het ook vroeër by die Wêreldspele vir Universiteite ‘n 5de plek in die uitdunne van die 1500m in China behaal. Sy beste tyd in diè item is 3:38.27 en het ook verlede jaar in die Kaap die myl in ’n tyd van 3:59.98 afgelê en sal poog om weer die goud te verower.

In die vroue wedloop sal Kobie Griffiths ook by die beginpunt aantree om ook weer haar 2022 titel agter haar naam te skryf.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×