ATLETIEK : ’n Totaal van 21 atlete sal nie aan Sondag se 97ste Comrades wedloop deelneem nie nadat hulle glo met hul inskrywings gekul het.
Verlede jaar was die totaal 25 en volgens Mqondisi Ngcobo, voorsitter van die Comrades-vereniging, kan dit nie toegelaat dat atlete diè sport se naam in oneer bring nie.
Die wedloopdirekteur Ann Ashworth het dit ook beklemtoon dat daar streng teen atlete opgetree sal word wat in ander groepe gaan wegspring as waarvoor hulle gekwalifiseer het.
*By vanjaar se marathon wat by die Scottsville-perdewedrenbaan ten einde loop sal toeskouers in die pylvak van 320m langs die baan kan staan om hul gunstelinge aan te moedig.