ATLETIEK –  Altesame 27 rekords het in die slag gebly tydens Affies se Prestige-uitnodigingsbyeenkoms wat die afgelope Saterdag in die Pillditch-stadion in Pretoria plaasgevind het.

Verskeie skole het deelgeneem wat onder meer die Afrikaanse Hoër Seuns & Meisies , Potchefstroom Gimansium , Nelpruit , Waterkloof en Jan van Riebeeck ingesluit het.

In die o.15 gewigstoot vir seuns het Dewald Bezuidenhout van Affies ’n wenafstand van 18.60m behaal en ook die bestaande rekord oortref. Hy het ook ’n voltal van 1000 punte op Atletiek Suid-Afrika se puntetabel ingesamel en was ook die enigste deelnemer wat diè prestasie agter sy naam kon skryf.

Bezuidenhout se skoolmaats Zantè van der Merwe het ook kookwater vertonings gelewer deur onderskeidelik die 200- en 400m items te wen terwyl nog ’n Affie Christie Loggenberg ook ’n nuwe rekord opgestel het in die 300m-hekkies in ’n tyd van 44.30s.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×