ATLETIEK – Atletiek Suid-Afrika het ’n voorlopige groep atlete saamgestel wat aan die 2023 Wêreldatletiek landloop byeenkoms gaan deelneem wat op die 18de Februarie in Bathurst , Nieu-Suid Wallis plaasvind.

’n Totaal van 27  sal hul staal toon wat onder andere die marathon atleet Elroy Gelant asook die huidige nasionale landloop kampioen Mbuleli Mathanga insluit terwyl die dames deur die S.A. kampioen Glenrose Xaba asook Cian Oldknow en Kyla Jacobs verteenwoordig sal word.  

In die gemengde aflos sal die voormalige 800m kampioen Caster Semenya ook in aksie wees saam met spanmaats Prudence Sekgodiso, Ryan Mphahlele en Tshepo Tshite.

Semenya word tans deur Wêreldatletiek se regulasies verbied om aan enige item tussen die 400m en ’n myl deel te neem sonder die gebruik van medikasie weens haar buitengewone hoë testosteroonvlakke.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×