Die 17-jarige Rumé Burger van die Hoërskool Oranje is nou amptelik die vinnigste vrou in die 200m item nadat sy goud gewen het by die S.A. senior nasionale atletiek-kampioenskappe in Potchefstroom.
Rumé – wat die oudste dogter van die voormalige Blitsbok Philip Burger is – het dié item in ’n rekord tyd van 23.39 sekondes gewen en daarna ook in die 100 m derde oor die eindstreep gehardloop terwyl Gabby Marais wat ook van Bloemfontein afkomstig die silwer medalje ingepalm het.
Die kampioenskappe is van Donderdag tot Saterdag in die Kenneth McArthur stadion aangebied.