ATLETIEK  – Nadat Charnè Bosman toeskouers by vanjaar se Comrades Marathon groot laat skrik het toe sy na afloop van die wedloop inmekaar gesak het , het die onderwyseres van Pretoria die afgelope naweek haarself met ‘n 1ste plek in die veteraan-vroue afdeling van die Soweto-marathon beloon –  en dit nogals ook op haar verjaardag.

Die 47-jarige Bosman en voormalige Comrades kampioen was vir ‘n paar  dae in die hospitaal en nadat spesialiste verskeie toetse op haar gedoen het is daar vasgestel dat haar hartensieme hoog was na afloop van die wedloop maar dat sy nie hartskade opgedoen het nie.

Bosman wat ook reeds met 6 goue medaljes spog het gesê dat sy weer volstoom begin oefen en hopelik sterker volgende jaar sal terugkeer na een van die wêreld se strafste ultra-marathon wedlope.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×