Die 2025 Comrades-marathon spring oor 45 dae weg en sal vanjaar oor ’n presiese afstand van 89.98 km tussen Pietermaritzburg en Durban strek – wat effens langer is as 2023 se af-wedloop van 87.70 km.

Organiseerders het dié afstand Donderdag aangekondig en sê die roete is akkuraat gemeet en bied ’n veilige begin met breë, verligte paaie.

Meer as 20 000 atlete sal in twee groepe wegspring om opeenhoping te vermy terwyl die nuwe eindpunt by People’s Park in Durban ’n feestelike atmosfeer en beter verkeerbeheer beloof.

Deelnemers sal bly wees dat hul nie meer trappe aan die einde hoef te klim nie met ’n gelyke pad sowel as ’n gratis pendeldiens wat op hulle wag.

error: Inhoud is beskerm !!