ATLETIEK: Die Suid-Afrikaanse middelafstandatleet Prudence Sekgodiso sê sy wil deurdring na die eindronde van die 800-meter op die Olimpiese Spele in Parys.

Sy erken sy het haarself verras toe sy die item Sondag gewen het op die Diamantliga byeenkoms in Marrakesj, Marokko in haar vinnigste tyd vanjaar.

*Die 22-jarige Sekgodiso sê sy het nie verwag om so vinnig te hardloop nie en het haar beste persoonlike tyd met 39 sekondes verbeter tot 1:57.26. Dit was die eerste Diamantliga oorwinning van haar loopbaan.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×