Mondo Duplantis is Maandagaand  in Madrid aangewys as Laureus se Sportman van die Jaar en hy volg daarmee in die voetspore van legendes soos Usain Bolt en Novak Djokovic.

Dit is die eerste keer dat die 35-jarige paalspring-ster diè gesogte toekenning ontvang nadat hy die afgelope vier jaar benoem is.

Novak Djokovic wat verlede jaar die eer ontvang het, het die trofee aan Duplantis oorhandig tydens die glansgeleentheid.

Duplantis het sy dankbaarheid uitgespreek en gesê dit is ‘n droom vir enige atleet om saam met name soos Nadal, Messi en Bolt vereer te word.

error: Inhoud is beskerm !!