ATLETIEK – Die wêreldrekordhouer in paalspring Armand Duplantis het sy beste sprong van die seisoen gehad toe hy oor ’n hoogte van 6.11m oor die dwarslat kon seil by ’n byeenkoms in Nederland.

Die Sweedse steratleet het ook sodoende diè jaar se hoogste sprong wat deur die Amerikaner KC Lightfoot van 6.07m opgestel is verbeter.

Duplantis wat die wêreldrekord hou op ’n hoogte van 6.22m is ook tans besig met sy voorbereiding vir die wêreldkampioenskappe wat op die 19de Augustus in Boedapest begin.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×