ATLETIEK: In die 97ste uitgawe van Comrades Ultramarathon waar ’n totaal van 20 600 atlete Sondagoggend by die Durban Stadsaal aangetree het, het Gerda Steyn vir ‘n tweede agtereenvolgende jaar die vroue titel ingepalm in ‘n nuwe rekordtyd van 5:49:46.
Goue Gerda het die vyfde vrou in die geskiedenis van diè legendariese marathon geword om dit nou 3 keer te kon vermag.
*In die mans afdeling het die Nederlander Piet Wiersma ook die eerste buitelander sedert 2011 geword om sy hande in die lug te gooi in ’n tyd van 5:25:00.