ATLETIEK  –  Suid-Afrika se jong atlete het ook op die voorlaaste dag by die Statebond-Jeugspele in Trinidad & Tobago reeds 17 medaljes verower.

Alicia Khunou van die Hoërskool Menlopark het met die louere in die gewigstoot en diskus weggestap. Haar wengooi van 17.97m in gewigstoot is ook ’n nuwe Jeugspele-rekord.

Affies se Hercu Lamberts het ook ’n nuwe byeenkomsrekord opgestel waar hy die gewig op 20.17m laat val het en sodoende Jamaika se Kevin Nedrick se 2017 rekord verpletter het met 5 cm.

Die swemspan het ook 6 medaljes verower met Jessica Thompson wat as die kampioen gekroon is in die 50m-vlinderslag. Haar nuwe rekordtyd was 26.84 sekondes.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×