ATLETIEK – Wêreldatletiek het ook sy kandidaatslys bekend gemaak vir die Vroue-atleet van die Jaar.
Tigist Assefa en Gudaf Tsegay van Ethiopië is van onder die 11 atlete wat benoem is. Assefa het die marathon-wêreldrekord verbeter in ’n spogtyd van 2:11:53 terwyl Tsegay die 5000m rekord in die Diamantliga-reeks in Oregon gebreek het in 14:00.21 en ook tans die wêreldkroon dra in die 10 000m.
Van die ander kandidate is Shericka Jackson van Jamaika wat goud in die 200 en silwer in die 100 by die Wêreldkampioenskappe kon inpalm terwyl die Spanjaard Maria Perez die wêreldkampioen in die 20km sowel die 35km-stapwedlope is.
Diè spoggeleentheid vind op 11 Desember plaas.