ATLETIEK – Marionè Fourie het ‘n skitter naweek vir Suid-Afrikaanse atletiek op ’n hoogtepunt afgesluit toe sy haar eie SA rekord in die 100m-hekkies by die FBK Spele in Nederland verbeter het.
Die 22-jarige Fourie het haar rekord met 0.06 sekondes verbeter na 12.49 en met diè vertoning haar voorbereiding op ’n hoogtepunt afgesluit vir volgende maand se Parys Spele.
Haar spanmaat Prudence Sekgodiso het ook uitgeblink en 2de in die 800m geëindig in 1:58.75
In die 1000m het Tshepo Tshite met ‘n 3de plek gespog terwyl Zakithi Nene se 45.55 goed genoeg was vir ‘n 4de plek in die 400m item.