ATLETIEK – Nadat die Europese hof vir menseregte beslis het dat Caster Semenya se appel teen Wêreldatletiek nie behoortlik deur die Switserse federale hooggeregshof aangehoor is nie is daar met ’n meerderheid van vier teen drie stemme in die guns van die tweemalige Olimpiese kampioen beslis.
Die 32-jarige Semenya wat sedert Mei 2019 in ’n stryd gewikkel was teen die regulasies van wêrleld atletiek waar haar gedwing het om haar testosteroon vlakke medies te verlaag voordat sy aan haar gunsteling item die 800m mag deelgeneem het.
Semenya het ook gesê dat sy hoop en vertrou dat Wêreldatletiek en ander sport beheerliggame die menseregte en waardigheid van alle atlete sal respekteer terwyl diè organsiasie ook agterna bygevoeg het dat hy gaan volhard met sy regulasies waar hy ten doel is om vroulike sport te beskerm.