ATLETIEK –  Die Suid-Afrikaanse gewigstoot atleet en oudleerling van die Hoërskool Goudveld Minè de Klerk is Dinsdag deur Wêreldatletiek benoem vir ‘n eerbewys as Opkomende Vroueatleet van die Jaar.

Sy is een van net 5 benoemdes wat vir diè gesogte toekenning  in aanmerking geneem is na uitsonderlike prestasies in diskus en gewigstoot en ding mee teen die Serwiër Adriana Vilagos , die 2 Keniane Jackline Chepkoech en Faith Cherotich assok Kerrica Hill van Jamaika.

Geen Suid-Afrikaanse atleet kon nog ooit diè eerbewys inpalm nie sedert dit 17 jaar gelede  vir die heel eerste keer toegeken is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×