ATLETIEK – Die 16-jarige blits van Curro Hazeldean – Matodzi Ndou – is nou amptelik die 5de vinnigste atleet in die wêreld in die 110m-hekkies item vir o.18’s.
Ndou wat ook laasmaand die Nasionale en Afrika-rekord in die 110m-hekkies vir diè ouderdomsgroep verbeter het, het die afgelope naweek op Gauteng-Noord kampioenskap die wedloop in 13.15 sekondes afgeblits en sy eie rekord sodoende met 0.06 van ’n sekonde oortref.
*Net Australië se Sasha Zhoya met sy blitstyd in 2019 van 12.87 sowel as Jaheel Hyde en De”jour Russell van Jamaika met 13.04 in 2017 en Wilhelm Belocian van Frankryk met 13.12 in 2012 kon voorheen vinniger tye as Ndou in diè ouderdomsgroep en item afblits.