ATLETIEK –  Die Olimpiese kampioen Lamont Marcell Jacobs sal sy terugkeer die naweek by die 60m binnenshuise-byeenkoms in Berlyn maak na sy onlangse skok oorwinnings by die Tokio Spele.

Die 27-jarige Jacobs was laas in Japan in aksie toe hy goud in die 100m en 4 x 100m aflos gewen het toe gerugte oor die gebruik van verbode middels opgeduik het. Jacobs het die atletiek wêreld geskok met sy wentyd van 9.80 sekondes nadat hy slegs 3 maande vroeër die 10-sekonde merk vir die eerste keer in sy loopbaan gebreek het.

Hy sal nou in die Duitse hoofstad teen die land se beste naelopers meeding wat onder andere Deniz Almaz, Lucas Ansah-Peprah, Kevin Kranz en Marvin Schulte insluit.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×