ATLETIEK – Die Keniaanse atleet Peres Jepchirchir  –  Olimpiese kampioen asook wenner van die New York City Marathon –  gaan op 18 April haar debuut by die 126ste Boston Marathon maak.

Jepchirchir gaan saam met twee voormalige Boston wenners – Edna Kiplagat en Des Linden, die 2021 Londen kampioen Joyciline Jepkosgei sowel as die Bronsmedalje wenner by die Tokio Spele Molly Seidel om diè gesogte titel meeding.

Nagenoeg 30 000 atlete – wat ten volle teen Covid-19 ingeënt moet wees –  gaan in die stad van Hopkinton vir die begin van die wedloop aantree.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×