Die blitsige Prudence Sekgodiso sê sy het geglo sy sal ‘n medalje by die Wêreld Binnenshuise Atletiekkampioenskapsbyeenkoms in Nanjing, China, kon wen, maar sy het nie gedink dit sal goud wees nie.

Sy en naelloper Akani Simbane, wat die bronsmedalje in die 60m-naelloop vir mans verower het, het gister in Suid-Afrika aangekom.

Netwerk24 berig Sekgodiso is oortuig dié ervaring sal haar buitenshuis ‘n beter atleet maak. Sy is die eerste Suid-Afrikaanse vrou wat ‘n medalje by dié kampioenskap verower het, waarvoor sy ongeveer R727 000 ontvang het.

Volgens IOL is die Limpopo-Laeveld-atleet nou van voorneme om Caster Semenya se buitenshuise nasionale rekord vir die 800m teen die einde van die jaar te breek.

error: Inhoud is beskerm !!