Die oplewing in gewildheid van langafstand-wedlope in Amerika het ’n toename van 22% teenoor 2024 aangedui nadat meer as 200 000 atlete vir vanjaar se New York marathon aansoek gedoen het.
Slegs ongeveer 2% tot 3% sal wel deur die algemene trekking aanvaar word terwyl ander maniere van deelname aan diè prestige wedloop inskrywings vir liefdadigheid en kwalifikasie deur voldoende tye te hardloop insluit.
Die New York marathon het verlede jaar die rekord oortref vir die meeste hardlopers oor die eindstreep naamlik 55 646.
Vanjaar se wedloop sal weer op 2 November by die Verrazano Narrows-brug in Statten Island wegspring en eindig in Central Park.