ATLETIEK  – Die Suid AfrikaAnse Sport Konfederasie en Olimpiese Komitee het die span van 26  bekend gemaak wat volgende maand aan die Wêreld Paraletiese Kampioenskap in Parys gaan deelneem.

Die President van Sascoc Barry Hendricks het die span gelukgewens en ook bygevoeg dat al die atlete ’n rekord van uitsonderlike prestasies op nasionale , streeks en internasionale vlak het en beslis hul land trots sal maak.

Hierdiè uitsoekgroep sal ook hoop om te kwalifiseer vir die 2024 Paralimpiese Spele waar ’n top 4 plek of beter ’n atleet se plek sal verseker.

Suid-Afrika het in die vorige Paralimpiese Spele in Tokio met slegs sewe medaljes terug gekeer huis toe wat ook die getal ewenaar wat by die 1992 Spele in Barcelona opgestel was.

 

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×