Die Suid-Afrikaanse atleet en wêreldrekord houer in die 400 m Wayde van Niekerk het sy keuse rondom die aanstelling van sy stiefpa Steven Swarts as sy nuwe afrigter verduidelik nadat hy teruggekeer het vanaf Florida na Bloemfontein.
Van Niekerk se paaie met sy voormalige afrigter Lance Braumann het geskei en het bevestig dat Swarts sy heel eerste afrigter was en het ‘n groot rol gespeel in die ontwikkeling van sy styl van hardloop vroeg in sy loopbaan.
Sy skuif terug na die Rosestad was beïnvloed weens familie redes met Van Niekerk wat graag wil hê dat sy seun in Suid-Afrika grootword en sy swanger vrou om naby aan geliefdes te wees.
Hy gaan nou fokus op al die items wat hy geniet naamlik die 100-, 200- en 400m.
*Intussen sal Van Niekerk se kleinsus Kayla Swarts mik na ’n tweede stel nasionale kleure wanneer sy moontlik speelkans vir die Suid-Afrikaanse vroue sewesspan sal kry in die eerste toernooi van die Uitdaagbeker-reeks wat aanstaande naweek in die Athlone Stadion in Kaapstad begin.
Die 21-jarige Swarts het Suid-Afrika verlede jaar in hokkie by die Parys Spele verteenwoordig en ook reeds 24 wedstryde vir haar land gespeel.