Suid-Afrika wil weer ‘n bod indien om gasheer te speel vir die Olimpiese en Paralimpiese Spele.

Daar word tans ondersoek ingestel oor ‘n moontlikheid om die Spele aan te bied in 2036.

Verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse Sport konfederasie en Olimpiese en Paralimpiese Komitee en Gayton McKenzie, die minister van Sport, Kuns en Kultuur, was die afgelope week in Lausanne, Switserland, om met die Olimpiese en Paralimpiese komitees te vergader.

Suid-Afrika het in die 1990’s laas ‘n bod ingedien om die Spele aan te bied in 2004, maar dit is aan Athene, Griekeland toegeken.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×