ATLETIEK  – Die tweemalige wêreld naelloop kampioen Dafne Schippers het ook bekendgemaak dat sy ook nou haar laaste wedloop gehardloop het.

Die 31-jarige Schippers was die goue medaljewenner in die 200m by die Wêreldbyeenkoms in Beijing 2015 en het ook ’n jaar later silwer op die Olimpiese Spele in Rio De Janeiro ingepalm.

As gevolg ’n chroniese rugbesering wat bly pla het was haar laaste wedloop ook in Julie 2022 gewees.

Die Nederlander het haar internasionale deurbraak in 2010 gemaak toe sy as wenner gekroon is in die sewekamp op die o.20 Wêreldbyeenkoms in Kanada.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×