SA se sneltrein  Akani Simbine het geskiedenis gemaak deur die “Beste-van-alle Tye” oor diè afstand te word toe hy vir die elfde agtereenvolgende jaar ‘n sub-10 sekonde  kon hardloop en sodoende die rekord van 10 agtereenvolgende sub-10 tye van Usain Bolt verpletter het.

Simbine  spog ook met die vinnigste tyd sover vanjaar in die 100m nadat hy vroeër die maand ‘n tyd van 9.90 geklok het by die Botswana Golden Grand Prix.

Akani het ook die 17de vinnigste tyd  in die wêreld van 9.82s oor die afstand verlede jaar in Frankryk afgelê terwyl Bolt nog steeds die wêreldrekord van 9.58s hou wat hy in die Olympia Stadion in Berlyn op 16 Augustus 2009 opgestel het.

error: Inhoud is beskerm !!