ATLETIEK  – Die Statebondspele se toekoms is weer in die weegskaal nadat die Goudkus ook sy bod vir die  2026 Spele onttrek het.

Die staat Victoria – wat diè Spele oorspronklik sou aanbied – het ook nee gesê weens die geraamde koste wat nie by sy begroting kon inpas nie.

Die Goudkus sou ’n meer kompakte Spele in samewerking met die federale regering aanbied maar regeringsamptenare was nie hiervoor te vinde nie en moes diè vakansiestad in Queensland ook sy bod laat vaar.

*Die 2030 Spele wat vir Kanada geskeduleer is mag ook moontlik iets van die verlede wees nadat die staat Alberta ook die wit vlag gehys het oor die hoë insetkostes.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×