‘n Student aan die Universiteit van Pretoria het die sesde Suid-Afrikaanse atleet geword om die 800-meter item onder twee minute te voltooi.

Die 23-jarige Charné Swart het Saterdag op die Pilditch-stadion in Pretoria ‘n rekord tyd van 01:59.86 aangeteken.

Swart kan moontlik na die Wêredkampioenskap in September saam met die Suid-Afrikaanse Spele-atleet, Prudence Sekgodiso, na Tokyo reis.

Die vinnigste tyd vir die 800-meter item is deur Caster Semenya in Parys in 2018 gestel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×