Die gewilde Twee Oseane-marathon se toekoms is onseker nadat die Stad Kaapstad sy borgskap onttrek het weens oortredings van diè wedloop se permitvoorwaardes.
Meer as 20 000 drawwers het aan die halfmarathon deelgeneem ten spyte van die toegelate limiet van 17 000 wat logistieke en veiligheidsrisiko’s meegebring het en die metro se reëls geskend het.
Organiseerders sê permit- en borgskapaansoeke word jaarliks hernu maar geen gesprekke oor 2026 het nog plaasgevind nie en daar is ook nog nie ‘n vergadering oor volgende jaar se wedloop vasgestel nie.
Daarbenewens het deelnemers gekla oor swak organisering, te min waterpunte en geen medaljes nie alhoewel die wedloop weer Gold Label – status van die Internasionale Ultramarathon-Vereniging ontvang het.