ATLETIEK – Met die 5de Diamant Liga byeenkoms in Oslo het die Afrika atlete uitgetroon met skitterende individuele vertonings.
Die Ethiopiese tiener Birke Haylom het die 38 jaar oue o.20 rekord van Zola Budd in die Droom Myl verpletter in ’n nuwe tyd van 4 minute 17.13 sekondes.
In die 5000m het Haylom se landgenoot Yomif Kejelcha met ’n foto-beslissing ook ’n nuwe rekord en vinnigste tyd hierdie jaar opgesteltoe hy met drie-duisendstes-van-‘n-sekonde gewen het teen Jacob Kiplomo van Uganda.
Suid-Afrika se Wayde van Niekerk wat ook aan sy 1ste Diamant Liga byeenkoms sedert 2017 deelgeneem het was ook aan die wenkant in die 400m in ’n tyd van 44.38 sekondes . Alhoewel dit nie sy vinnigste tyd was nie sal dit hom baie moed laat skep wanneer hy sy aanslag by die Wêreldkampioenskap in Augustus in Boedapest gaan loods.