ATLETIEK – Suid-Afrika se hoop om ’n medaljedroogte te breek by die Wêreldkampioenskappe In Boedapest het weggekwyn nadat Wayde van Niekerk laaste in die 400m geëindig het.

Van Niekerk kon slegs ’n tyd van 45.11 sekondes behaal wat nie naby sy beste vanjaar was nie.

Antonio Watson van Jamaika was egter die verrassingspakkie in hierdiè item en het maklik in 44.22 sekondes gewen.

Die Suid-Afrikaners se laaste hoop om ’n podium plek te behaal berus nou by die mans se 4 x 100m aflosspan wat in vandag se  uitdunne gaan meeding.

Die Wêreldbyeenkoms duur tot Sondag

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×