ATLETIEK – Suid-Afrika se 400m kampioen Wayde van Niekerk is weer besig om sy topvorm te bereik toe hy ook die afgelope naweek die goue medalje in sy gunsteling item verower het by die Diamantliga byeenkoms in Londen.

Van Niekerk het ’n tyd van 44.36 gehardloop wat 0.4 van ’n sekonde vinniger was as die Amerikaner Bryce Deadmon.

Deadmon se landgenoot en wêreldkampioen in die 200m Noah Lyles het ook sy beste tyd van die jaar behaal en in 19.47 sekondes verby die eindstreep geblits.

Die 50 000 toeskouers wat die wêreldklas vertonings in die Olimpiese Stadion bygewoon het was ook die meeste vanjaar nog by ’n Diamantliga-byeenkoms.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×