ATLETIEK – Verskeie atlete het die oog gevang op Dag 1 van S.A. Atletiek se Senior Baan & Veld Kampioenskappe wat Donderdag in Pietermaritzburg weggetrek het.
Glenrose Xaba is vir die 1ste keer as Suid-Afrikaanse kampioen in die 5000m gekroon nadat sy ’n sterk aanslag van die 800m spesialis Prudence Sekgodiso kon afweer en uiteindelik gemaklik gewen het in ’n tyd van 15:48:44
Bloemfontein se Yolandi Stander het sterk kompetisie oorkom om die goue medalje in die diskus te wen met ’n afstand van 55.00m terwyl Minè de Klerk en die 18-jarige Ashley Erasmus onderskeidelik die 2de en 3de plekke op die podium kon inneem.
In die mans afdeling het Rocco van Rooyen in slegs sy 3de byeenkoms in meer as 2 jaar goud in die spiesgooi verwerf met ’n afstand van 74.58m terwyl die 100m blits Akani Simbine nie maklik geklop gaan word nie nadat hy in die oggend uitdunne en later die halfeindronde kopwinde oorkom het om ook die vinnigste tyd van 10.27 aan te teken.
*Die S.A. Kampioenskappe word daagliks op SuperSport Kanaal 209 uitgesaai en duur tot Sondag.