ATLETIEK  – Verskeie Vrystaat atlete het goeie vertonings gelewer op die 1ste dag van die SA Meesters Kampioenskappe wat in Potchefstroom plaasvind.

In die spiesgooi Vroue 45 en ouer het Zelna Henning ‘n 1ste plek behaal terwyl Chris Smit ook goud gewen het in die 80m hekkies Mans 70 en ouer.

Pieter Calitz ‘n  3de plek behaal in die 400m vir Mans 35 en ouer terwyl Carmin da Silva in die 50 en ouer groep ook 4de was.

In die 5000m vir Vroue 35 en ouer het Maryna Swanepoel silwer gewen, Flippie Klotze wat in die Groep 55 en ouer deelneem was 4de terwyl Eugene Martins in die 60 jaar en ouer groep ‘n goue medalje kon inpalm.

*Diè S.A. Meesters Kampioenskappe eindig Saterdag.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×