ATLETIEK – Suid-Afrika se wêreldrekordhouer in die 400m Wayde van Niekerk sal nie by die Olimpiese Spele aan sy gunsteling item deelneem nie.
Van Niekerk is aanvanklik in die S.A. span ingesluit vir diè nommer en die 4 x 400m aflos maar sal nou op die 200m sy visier instel. Luxolo Adams wat Suid-Afrika se groot hoop in Parys was het hom diè week op die laaste oomblik aan ‘n byeenkoms in Boedapest onttrek wat ASA en Saskok laat spartel het om ’n noodplan in werking te stel.
Van Niekerk sal dan ook in die plek van Adams in die 4 x 400m aflos aantree om hul medalje hoop te versterk.
Suid-Afrika het by die onlangse Wêreld-aflosbyeenkoms ’n silwermedalje verower.
*Die Parys Spele begin die 26ste Julie.