ATLETIEK – Die laaste Diamant Liga byeenkoms vir die jaar het ook op ’n hoogtepunt afgesluit toe Kenia se langasem Gudaf Tsegay en paalspringer Armand Duplantis van Swede wêreldrekords opgestel het in Oregon.

Tsegay wat goud by die Wêreldkampioenskap in Boedapest oor 10 000m verower het, het hierdiè keer in die 5 000m die rekord laat spat wat 3 maande gelede deur Faith Kipyegon in Parys opgestel is. Sy het die rekord met byna 5 sekondes verpletter in ’n tyd van 14:00.21

Duplantis wat die wêreldrekord in paalspring in 2022 vier keer verbeter het en reeds hierdie jaar dit weer 2 keer kon vermag  het ook op ’n nuwe wenhoogte van 6.23m oor die dwarslat geseil en ook sodoende sy 3de Diamantliga trofee in ’n ry verower.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×