Die 26-jarige Olimpiese atleet Adriaan Wildschutt het vir ’n opskudding gesorg toe hy die eerste wedloop van die ABSA Run Your City-reeks in ’n rekord-tyd gewen het.

Wildschutt wat in Ceres gebore is het die 10km wedloop in ’n tyd van 27:28 afgelê en die vorige rekord wat deur Precious Mashele in 2023 opgestel is met sewe sekondes verbeter.

Die Keniaan Vincent Kipkorir was tweede gevolg deur nog ’n Suid-Afrikaner Kabelo Mulaudzi in die derde plek.

In die dames afdeling het Kipkorir se landgenoot Jane Chacha ’n droomdebuut gemaak toe sy in ’n wentyd van 31:45 oor die eindstreep was gevolg deur Selam Gebre van Ethiopië en die Suid-Afrikaner Glenrose Xaba in die derde plek.

error: Inhoud is beskerm !!