ATLETIEK –  Nadat sy verlede week in die 400m geskitter het sal alle oë op Zenèy van der Walt wees wanneer sy later vanaand by Atletiek Suid-Afrika se 2de Grand Prix byeenkoms in Germiston haar staal gaan toon.

Van der Walt tree vir die 400m hekkies aan met baie selfvertroue nadat sy ook verlede week by Tukkies se baan ’n persoonlik beste tyd van 50.81 sekondes in die 400m gehardloop het en ook sodoende gekwalifiseer het vir 2024 se Wêreldkampioenskappe in Hongarye in hierdiè item sowel as in die hekkies.

Die legendariese Myrtle Bothma se rekord van 53.73 sekondes in die 400m wat al vir 37 jaar staan kan ook in gevaar wees wanneer Van der Walt aantree waar een van haar doelwitte gaan wees om hierdiè S.A. rekord te verbeter.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×