Die voorgestelde kragtariefverhogings is ‘n direkte aanslag op die welsyn van Suid-Afrika se mense.

Só sê die African Transformation Movement (ATM) oor Eskom, wat sy tariewe die komende drie jaar, teen ‘n gemiddeld 15,9% per jaar, wil verhoog. Die ATM sien dit ook as ‘n aanslag op die land se reeds wankelende ekonomie.

Hoewel hy besef Eskom moet finansiëel lewensvatbaar wees om ‘n stabiele kragnetwerk daar te stel, reken die party dat die verhogings erge druk op reeds sukkelende mense en besighede sal plaas.

Party-woordvoerder, Zama Ntshona, sê Eskom moet met belanghebbendes in gesprek tree om ‘n meer regverdige en volhoubare manier te vind om geld te bekom.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×